Witbos

Witbos

English

We offer a wide range of exclusively indigenous trees and plants occurring naturally within the Sunshine Coast region of South Africa.  It includes:


* 150 species of Ground Covers and Perennials,

* 130 species of Bulbs,

* 30 species of Restios, Sedges, Grasses and Water Plants,

* 10 species of Ferns and Fern-like Plants,

* 60 species of Succulents,

* 20 species of Climbers,

* 130 species of Shrubs and Small Trees and

* 150 species of Trees.


We are constantly expanding our indigenous species-list, through seedling propagation. This applies particularly i.r.o. rarer tree species, which otherwise do not always readily become available in the trade.


Approximately 360 indigenous tree species occur along the Sunshine Coast (i.e. the area lying between Port Elizabeth and East London and, stretching from the coastline to approximately 70km inland). A fair proportion of these species are endemic or near-endemic to the area.


Included amongst the indigenous trees that occur along the Sunshine Coast, are beautiful shade and ornamental trees, trees that are particularly resistant to wind and drought, trees that form ideal hedges (with or without thorns) and trees that are perfectly adapted to coastal climatic conditions, yet remain almost totally unknown amongst the general public.


Examples are: the Bush Cherry (Maerua cafra), the Coffee Pear (Pleurostylis capensis), the Hard Pear (Olinia ventosa), the Cheesewood (Pittisporum viridiflorum), the Common Saffron (Elaeodendron croceum) and the Rock Hard Pear (Olinia emarginata).


Indigenous tree species offer exciting new opportunities when laying out new, or improving existing gardens. Not only are they more environmentally friendly compared to the commonly-used exotic species found in most gardens, but they generally are also more insect, pest and drought resistant. Besides, if you have 5 or 10 indigenous tree species in your garden, you are guaranteed to always have a good opening discussion point, when receiving visitors to your garden, every time!


Whether you are a landscape architect, another nursery, a home owner, a garden designer or just a common tree-hugger, feel free to contact us at Witbos Nursery, with your requirements. The earlier we are contacted, the better the chance that we will be able to supply your needs timeously.  We love visiting gardens and other sites requiring plants, for advice!


Press the DIRECTIONS tab for a map showing where our nursery is located.  The nursery is situated in the Gateway Tourist Centre (the orange painted building) at the  R72/Boesmansriviermond turn-off.


Feel free to pay us a visit at the nursery, to see our wide selection of trees & plants, when you pass by next time.


If you are looking for an original gift to give to one of your friends or family members, and have run out of ideas, why not buy a Tree Gift Voucher from us, for R140 only.  With the voucher he/she can come and collect one 10Kg speciment of anyone of 52 different indigenous trees from our nursery, at any time.  The names of the tree species from which a selection can be made, appears on the Voucher.


***

"Hey you!" says the sunflower to the sun,

just like that,

in tones of mockery,

"Hey you!

Where's your stem?"

Anonymous

Afrikaans

Ons bied ‘n wye reeks uitsluitlik inheemse bome en plante wat natuurlik voorkom langs die Sonskynkusgebied van Suid-Afrika.  Dit sluit in:

* 150 spesies Grondbedekkers en Meerjarige Plante,
* 130 spesies Bolplante,
* 30 spesies Restios, Moerasgrasse, Grasse en Waterplante,
* 10 spesies Varings en Varingagtige Plante,
* 60 spesies Vetplante,
* 20 spesies Klimmers,
* 130 spesies Struike en Klein Bome en
* 150 spesies Bome.

Ons is ook voortdurend besig om die kwekery se spesievoorraad nog verder uit te brei deur die aanplant van nuwe saailinge. Dit geld veral vir skaarser boom- en plantsoorte, wat andersyns nie altyd geredelik in die handel beskikbaar kom nie.
 
Daar kom ongeveer 360 inheemse boomspesies voor in die Sonskynkusgebied (die gebied wat strek tussen Port Elizabeth en Oos-Londen, vanaf die kusgebied tot sowat 70km binneland in). 'n Beduindende gedeelte van bg. spesies is endemies of amper-endemies tot die gebied.

Onder die inheemse bome van die Sonskynkus tel pragtige skadu- en sierboomspesies, bome wat besonder wind- en droogtebestand is, bome wat ideale heinings kan vorm (met of sonder dorings) en bome wat goed aard langs die kus, naby die see, maar nogtans feitlik totaal onbekend is onder die algemene publiek.
 
Net ‘n paar voorbeelde: die Witbos (Maerua cafra), die Koffiepeer (Pleurostylis capensis), die Hardepeer (Olinia ventosa), die Kasuur (Pittisporum viridiflorum), die Gewone Safraan (Elaeodendron croceum) en die Rotshardepeer (Olinia emarginata).
 
Inheemse bome bied opwindende geleentheid vir innovasie in die uitleg van nuwe, of verbetering van bestaande, tuine. Nie net is hulle meer omgewingsvriendelik in vergelyking met die geykte uitheemse spesies wat in meeste gewone tuine gevind word nie, maar hulle is ook meer insek-, pes- en droogtebestand. Bo en behalwe dit, bied 5 of 10 inheemse boomspesies in die tuin elke keer 'n ideale geselsie-aanknopingspunt, wanneer gaste die tuin besoek!
 
Of u ‘n landskapsargitek, ‘n ander kwekery, ‘n huiseienaar, ‘n tuinuitlêer of slegs net ‘n boomliefhebber is, skakel ons gerus by Witbos Kwekery met u behoeftes. Hoe vroeër u ons skakel, hoe groter is die kans natuurlik dat ons betyds in u behoeftes sal kan voorsien.  Ons besoek graag tuine en persele waar plante benodig word, vir advies!

Druk die DIRECTIONS hofie hierbo vir 'n liggingskaart van die kwekery.  Die kwekery is geleë in die Gateway Toerismesentrum (die oranjekleurige gebouekompleks) by die R72/Boesmansriviermond afdraai. 

Wanneer u weer in die omgewing is, kom besoek ons gerus en kom kyk na ons opwindende planteversameling.



Indien u op die uitkyk is vir 'n oorspronklike geskenk vir 'n vriend of familielid, en u uit idees geraak het, oorweeg dit om 'n Boom Geskenkekoepon ter waarde van slegs R140 by ons te koop.  Met die koepon kan hy/sy ter enige tyd 'n 10Kg eksemplaar van enige een van 52 verskillende inheemse boomspesies kom afhaal by ons kwekery.  Die name van die boomspesies waaruit gekies kan word, verskyn op die Koepon.

***

Witbos